KWAZULU-NATAL. – ‘n Huiseienaar van Phoenix is Woensdagoggend beseer toe ‘n groep verdagtes hom glo buite sy huis in ‘n beweerde kapingspoging aangeval het.
KZN VIP Protection Services sê die huiseienaar wou vroegoggend sy huis in Lynvale verlaat toe hy na bewering deur ongeveer ses verdagtes in ‘n wit VW Polo met ‘n onbekende registrasienommer oorval is. Die slagoffer is glo aangerand, waarna die verdagtes van die toneel gevlug het.
Die slagoffer is vir verdere mediese hulp na ‘n mediese fasiliteit gehaas.
KZN VIP Protection Services het die polisie ontbied.
Nuusflits het polisiekommentaar gevra.





