Huiseienaar stuit ‘inbreker’ in sy spore

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Huiseienaar in Môrewag, Kroonstad, het Sondagoggend in die vroeë ure ‘n vermeende inbreker met ‘n byl in sy spore tot stilstand gedwing.

Kapt. Loraine Earle het aan Nuusflits bevestig dat die polisie omstreeks 01:20 na die toneel ontbied is.

“Terwyl hy die huis deur die venster ingegaan het, het die eienaar hom na bewering met ‘n byl op die kop geslaan.”

Die onbekende verdagte is met die byl steeds in sy kop na ‘n plaaslike hospitaal geneem en is later na ‘n hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas. Earle sê die man het vanoggend aan sy beserings gesterf.

Die polisie het ondersoeke vir beide huisbraak en moord geopen.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief