[t4b-ticker]

Immigrasiebeampte en onwettige immigrante saam gearresteer

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Vroulike immigrasiebeampte (56) wat by Beitbrug-grenspos gestasioneer is, is Sondagoggend saam met nog ses onwettige immigrante op aanklag van bedrog gearresteer.

Brig. Hlulani Mashaba sê om ongeveer 06:30 is ‘n operasie geloods wat op korrupsie gefokus het. ‘n Klaagster het glo ‘n transaksie waartydens ‘n individu geld aan ‘n immigrasiebeampte oorhandig het, gesien gebeur. Met ondersoek is R3 100 en ses paspoorte wat aan onwettige immigrante behoort in die beampte se besit gevind. Die beampte kon nie die items in haar besit verduidelik nie.

Mashaba sê die eienaars van die paspoorte is op busse wat van Malawi kom, wat by die grenspos gewag het, gevind. Hulle kon ook nie verduidelik waarom hulle paspoorte en geld by die beampte is nie.

“Limpopo se provinsiale teenkorrupsie-eenheid is in kennis gestel, waarna op die geld en paspoorte beslag gelê en dit as as bewysstukke geregistreer is.”

Al die verdagtes het Maandag in die Musina-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief