INDIЁ. – Indië het gesê veiligheidsdienste het drie militante doodgemaak wat 26 toeriste op 22 April in Kasjmir doodgeskiet het.
Lees ook: 26 toeriste dood in terreuraanval in Kashmir
Volgens die minister van binnelandse sake, Amit Shah, is die mans Maandag in die Dachigam- nasionale park naby Srinagar doodgeskiet. Hulle identiteit is deur forensiese en ballistiese toetse bevestig. Shah het gesê die mans was Pakistanse burgers, ‘n bewering wat deur Islamabad ontken is. Shah het voorts gesê die baasbrein agter die aanval is doodgeskiet.
Die aankondiging volg nadat die kongreslid Gaurav Gogoi geëis het Shah moet persoonlik verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar en dat “die land wil weet hoekom die regering nie self die terroriste 100 dae ná die aanval kon vang nie”.
Bronne: BBC, The Independent, CNN
Lees ook: Pakistan en Indië bereik skietstilstand





