AHMEDABAD. – Twee Indiese vlieënierverenigings het die vlieëniers van Air India-vlug 171 verdedig wat in Junie neergestort het nadat ’n verslag met inligting oor die stemopnemer Saterdag vrygestel is.
Lees ook: Air India-vliegtuigongeluk: moontlikheid van sabotasie ondersoek
Volgens die verslag vra een vlieënier vir die ander een hoekom hy die “brandstofbeheerskakelaars afgesit het” en die ander vlieënier antwoord hy het nie. Data wys die skakelaars is toe aangesit, maar die vliegtuig het op ’n koshuis vir mediese studente neergestort.
Verskeie mediamaatskappye en plasings op sosiale media het oor die vlieëniers gespekuleer, maar die Indian Commercial Pilots’ Association het gesê die vlieëniers het “in lyn met hulle opleiding en verantwoordelikhede opgetree en hulle name moenie besmet word gebaseer op gerugte nie”.
Die Airline Pilots’ Association of India het ook gesê daar is “geheimsinnigheid” oor die ondersoek en “dat die ondersoek gedryf word in ’n rigting om aan te neem die vlieëniers is skuldig”.
Bronne: BBC, Gulf News, Times of India
Lees ook: Air India-vliegtuigongeluk: moontlikheid van sabotasie ondersoek





