Air India-vliegtuigongeluk: moontlikheid van sabotasie ondersoek

Lees ook :

Air India vliegtuigongelukondersoekers ondersoek moontlikheid van sabotasie fotokrediet: Canva

AHMEDABAD, INDIЁ. – Die ondersoekers is besig om te ondersoek of sabotasie die Air India-vliegtuigongeluk in Ahmedabad kon veroorsaak het.

Lees ook: Tweede vlugopnemer van Air India-vliegtuig gekry

Die Indiese minister van siviele lugvaart, Murlidhar Mohal, het gesê die Lugongelukondersoekburo is besig om te probeer vasstel of sabotasie die ongeluk op 12 Junie veroorsaak het.

Tot dusver het ‘n ondersoek bevind albei enjins het krag verloor, wat so skaars is dat kenners dit as ’n “een in ’n miljard moontlikheid” beskryf.

Die Lugongelukondersoekburo het gesê dit ondersoek of die enjins krag verloor het oor doelbewuste besmetting van die brandstof.

274 mense is in die ongeluk oorlede.

Bronne: Evening Standard, Daily Mail, The Independent

Lees ook: Tweede vlugopnemer van Air India-vliegtuig gekry

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief