Inligting gevra nadat tieners doodgeskiet is

Lees ook :

Foto's: Women For Change

WES-KAAP. – Reyonce Thomas (13) en Kerwin Jackson (17) is onlangs in Hilary-rylaan in Lavender Hill doodgeskiet. Enigiemand met relevante inligting word gevra om na vore te kom.

Kapt. Frederick van Wyk sê aan Nuusflits die moorde wat die middag laat op 17 Desember gepleeg is, word deur die Steenberg-polisie ondersoek. Die polisie het op ‘n klagte van ‘n skietery reageer. Op die toneel is die meisie met ‘n skietwond aan haar kop en die seun met skietwonde aan sy kop en beide bene aangetref. Beide is dood verklaar.

Na bewering is die tieners deur verdagtes in ‘n wit Toyota Corolla, wat verby hulle gery het, doodgeskiet. Van Wyk sê die moorde is moontlik bendeverwant, aangesien daar tans plaaslike bendekonflik is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief