Insittendes beseer toe bakkie in tuin beland

Lees ook :

Foto: IPSS Medical Rescue

KWAZULU-NATAL. – Vyf insittendes van ‘n bakkie is beseer toe dit Saterdagmiddag ‘n huis rakelings gemis en in die tuin te lande gekom het.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die bestuurder het beheer oor die bakkie op die P710-pad naby Sundumbili verloor en is van die pad af die tuin in. Die insittendes het geringe tot ernstige beserings opgedoen. Vier beseerde persone is privaat, na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit vervoer.

‘n Insittende wat ernstig beseer is, is deur IPSS op die toneel gestabiliseer, voordat daar vir verdere mediese hulp na ‘n nabygeleë fasiliteit gegaan is.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief