Lees ook: Israeliese oorlogkabinetslid vra vroeë verkiesing na protesaksie in Israel
GAZA. – ‘n Verslag het onlangs beweer Israel gebruik kunsmatige intelligensie om te help om teikens in Gaza te identifiseer.
Volgens die verslag gebruik Israel ‘n KI-gebaseerde program genaamd Lavender om teikens in Gaza te vind. Verder is beweer ses Israeliese intelligensiebeamptes het erken hulle het Lavender gebruik om teikens te kry.
Hulle het ook erken die sisteem het “foute” in 10% van die gevalle gemaak.
Die Lavender-sisteem het glo 37 000 Palestynse burgers as “moontlike Hamas-militante” identifiseer.
Amerika is besig om die verslag te ondersoek.
Bronne: Business Insider, Reuters, The Guardian
Lees ook: Israeliese oorlogkabinetslid vra vroeë verkiesing na protesaksie in Israel





