Brekende Nuus
Afrikaans

Israeliese lugaanval op residensiële gebou dood sowat 29

Israeliese lugaanval op residensiële gebou dood sowat 29 mense

fotokrediet: Canva
Israeliese lugaanval op residensiële gebou dood sowat 29 mense fotokrediet: Canva

GAZA. – ’n Plaaslike hospitaal in Gaza City het gesê sowat 29 mense is dood na ’n Israeliese lugaanval op ’n residensiële gebou.

Lees ook: Israeliese lugaanval tref naby liefdadigheidskombuis in Gaza

Die residensiële gebou was naby die al-Hawashi-moskee. Sowat 40 mense is in die aanval gewond en reddingswerkers is steeds op soek na liggame in die rommel.

Die Israeliese weermag het gesê die teiken was ’n “senior Hamas-terroris” wat aanvalle in die gebied beplan en uitgevoer het.

Die weermag het Hamas daarvan beskuldig dat dit burgerlikes gebruik as menslike skilde.

Bronne: BBC, The Straits Times, SBS

Lees ook: Israeliese lugaanval tref naby liefdadigheidskombuis in Gaza