GASASTAD. – Israel se weermag het “alle inwoners” van Gasastad beveel om onmiddellik te ontruim ná ’n waarskuwing dat Israel die militêre aanvalle in die gebied sal vermeerder as Hamas nie die oorblywende Israeliese gyselaars vrylaat nie.
Lees ook: Tunisië ontken bewerings dat ‘n boot in flottielje met Greta Thunberg deur hommeltuig aangeval is
Die Israeliese weermag het in ’n “finale waarskuwing” gister gesê Gasa sal vernietig word as Hamas nie die gyselaars vrylaat en hulle wapens neerlê nie.
Benjamin Netanayahu, die Israeliese eerste minister, het gesê: “Ek sê aan die inwoners van Gasastad: julle is gewaarsku – kom uit daar!” Hy het gesê Israel het onlangs 50 “terreurtorings” vernietig as ’n “opwarming vir die grond-operasie” in Gasastad.
Bronne: BBC, The Independent, CNN
Lees ook: Tunisië ontken bewerings dat ‘n boot in flottielje met Greta Thunberg deur hommeltuig aangeval is