Jong man sterf in koeëlreën

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Jong man, vermoedelik in sy 20’s, en glo ‘n inwoner van Hambanathi, het Sondagnag in ‘n koeëlreën in Magwaveni, gesterf.

Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep is omstreeks 22:12 van ‘n inwoner van die area ontvang. Met aankoms op die toneel was die Tongaat-polisie reeds teenwoordig.

Die oorledene het met veelvuldige skietwonde langs die huis op die grond gelê, Daar is vasgestel die skietwonde is deur ‘n hoëkaliberwapen toegedien en die oorledene het gesterf nog voordat nooddienste kon opdaag.

Volgens omstanders het die oorledene sy oom besoek toe die ongelukkige voorval gebeur het.

Die motief van die moord wat vasgestel moet word, vorm deel van die polisie se ondersoek.

Bron: Reaction Unit South Africa.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief