Jong seun onder helde wat man se lewe by strandmeer red

Lees ook :

Foto: NSRI

TUINROETE. – Brooklyn Boesak (13) van Laerskool Sedgefield, Daniel Armoed (41) en Piet van Rooyen, plaaslike inwoners van Sedgefield, sowel as Louis Lombard (31) van Pretoria het Sondag 26 November ‘n man (41) wat in die water in Sedgefield-strandmeer verdwyn het, se lewe gered.

Volgens die NSRI het Brooklyn gesien die man in die strandmeer is in die moeilikheid en het na hom toe geswem om hom te help. Die man het egter steeds in die water weggesak. Kort daarna het Armoed vir hulp by die jong seun aangesluit. Die seun het hom gewys waar die man weg gesak het, waarna Armoed die man twee tot drie meter onder die water op die strandmeer se bodem gekry het.

Boesak en Armoed het saam die man se lewelose liggaam tot by die strand geneem.

By die strand het Van Rooyen en Lombard met die lewelose man wat geen pols gehad het nie, gehelp.

Omstanders het nooddienste gekontak. Omstanders het KPR toegepas totdat die man water opgebring en weer ‘n flou pols gehad het.

Paramedici en NSRI-medici het mediese versorging van die man oorgeneem voordat hy in ‘n kritieke toestand deur ER24 na ‘n hospitaal vervoer is. Behandeling by die hospitaal het tot die man se volkome herstel verseker. Hy is gedurende die week ontslaan.

Die NSRI het die helde wat hom uit die water gered het geprys en gesê hulle heldhaftige optrede het die man se lewe gered.

Bron: NSRI

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief