OOS-KAAP. – Sewe verdagtes, tussen 16 en 18 jaar, is op aanklag van die moord op Micah Klaasen (16) deur Walmer-speurders in hegtenis geneem.
Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die verdagtes het ná die moord by die Walmer-polisiekantoor aangemeld. Vier minderjarige verdagtes sal op moordaanklagte in die Nerina-landdroshof voorkom, terwyl drie volwassenes Woensdag in die Gqeberha-landdroshof sal verskyn.
Lees meer hier:





