LIMPOPO. – In nog ‘n insident waarby huishoudelike geweld moontlik ‘n rol kon gespeel het, het ‘n jong vrou (19) Woensdag glo vir Edward Frank Ralekgokgo (60), haar pa, in ‘n woonbuurt buite Giyani doodgesteek. Sy is vir die moord in hegtenis geneem.
Brig. Hlulani Mashaba sê die Sekgosese-polisie het ‘n klagte van ‘n familie wat baklei ontvang. Op die toneel het polisielede gesien die man het steekwonde aan sy rug en aan die regterhand opgedoen.
Na bewering het die oorledene en sy vrou ‘n argument gehad. Hulle dogter het agtergekom haar ma word aangerand. Sy het glo vir hulp van die gemeenskap geskree. Haar pa het haar toe glo met ‘n mes aangeval. Die dogter kon volgens rapportering die mes by haar pa afneem en het hom gesteek.
Ralekgokgo is op die toneel dood verklaar.
Die dogter, wat die moordverdagte is, sal Vrydag in Giyani-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





