Joshlin Smith: Vier verskyn vir eerste keer saam – versoeke vir eenheid vir onopgeloste sake om oor te neem

Lees ook :

Foto: Eric Ntabazalila NVG

WES-KAAP. – Die vier beskuldigdes in die saak van die verdwyning van Joshlin Smith (6) het vandag vir die eerste keer saam op aanklagte van mensehandel vir die doeleindes van uitbuiting en ontvoering in die Vredenburg-landdroshof verskyn.

Die DA en Ian Cameron het intussen gevra die saak moet dringend na die bekwame eenheid vir onopgeloste sake oorgeplaas word.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê Racquel Chantel Smith (Kelly) (33), Jacquen Rowhan Appolis (31), Steveno Dumaixio Duwayne van Rhyn (27) en Lourentzia “Renz” Lombaard (32) het almal hul borgaansoeke laat vaar. Die staat het uitstel met die saak versoek sodat verdere ondersoek kan voortgaan.

Adv. Aradhana Heeramum het aan die hof voorgehou die polisie is besig om leidrade in die ondersoek wat voortduur op te volg. Daar is bevestig ‘n forensiese verslag is ontvang en selfoondata word geanaliseer. Wanneer die ondersoek afgehandel is, sal gehoor word waar die verhoor aangehoor sal word.

Die saak is tot 15 Julie uitgestel.

Nuusflits het voorheen soos volg berig:

Die ondersoek na die verdwyning van die vermiste Joshlin Smith (6), wat reeds op 19 Februarie uit Saldanhabaai verdwyn het nadat sy glo vir R20 000 verkoop is, duur voort.

Kapt. Frederick van Wyk het aan Nuusflits bevestig alle leidrade word opgevolg in ‘n poging om die jong meisie te kry.

“We are not at liberty to provide a detailed account of current investigations as this can potentially hampers ongoing investigation.”

Enigiemand met inligting word versoek om die polisie overwyld te nader.

Daar is steeds ‘n beloning van R1 miljoen op die spel wat deur Gayton McKenzie, die leier van die Patriotic Alliance, vir die opspoor van Joshlin beskikbaar gestel is.

Die vyf verdagtes wat in die saak in hegtenis geneem is, kom weer op aanklag van mensehandel vir uitbuiting en ontvoering op 13 Mei in die Vredenburg-landdroshof voor. Racquel Chantel Smith (Kelly) (33), Jacquen Rowhan Appolis (31), Steveno Dumaixio Duwayne van Rhyn (27) en Lourentzia “Renz” Lombaard (32) het almal hulle borgaansoeke laat vaar.

Phumza Sigaqa is weens onvoldoende bewyse hangende die ondersoek vrygelaat.

Kelly Smith is glo weer swanger terwyl haar ander twee kinders in die sorg van familie is.

Polisieminister Bheki Cele het reeds aangedui die soektog het internasionaal uitgebrei.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief