Volgens ‘n sosialemediaplasing is Pieter Naudé, die broer van Juanita du Plessis, tans by die huis, alhoewel hy swak is. Hy was met bloeding en swelling op die brein gehospitaliseer en dokters kan glo niks meer medies vir hom doen nie.

Die sosialemediaplasing is Vrydag gemaak:
“Goeie middag al Pieter se Facebook-vriende.
Ons wil net graag vir almal wat vra, ‘n update gee oor hoe dit met Pieter se gesondheid gaan.
Pieter is laasweek opgeneem in die hospitaal met bloeding en swelling op die brein. Medies gesproke kan hulle nie meer iets vir hom doen nie. Hy is tans terug by die huis en baie swak. Ons wil net baie dankie sê vir almal se gebede en ondersteuning gedurende hierdie tyd. Ons vra asb. dat almal nie sal ophou bid nie, want ons dien ‘n groot God.
Met liefde
Ester en die kinders.”





