Kaapstad se watertariewe moet op gebruik gegrond wees

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Die Kaapstad-hooggeregshof het in AfriForum se guns beslis en bepaal dat Kaapstad se omstrede tariefmodel, waar ‘n waterrekening op die waarde van ‘n eiendom gebaseer word, onwettig en ongeldig is. Die model word vanaf 30 Junie 2026 tersyde gestel.

Volgens Jurie Ferreira, AfriForum se streekshoof vir die suidstreek, moet tariefstrukture deursigtig, rasioneel en wetlik verdedigbaar wees. Watergebruik hou geen verband met die waarde van ‘n eiendom nie en die hof het dit nou bevestig.

Morné Mostert, Afriform se bestuurder van plaaslike regeringsake, waarsku dat die uitspraak ook implikasies vir ander munisipaliteite in die land inhou. Tariewe gekoppel aan werklike verbruik is nou ‘n regsvereiste, nie ‘n keuse nie.

AfriForum sê daar sal toegesien word dat die uitspraak reg toegepas word.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief