Kabelkarongeluk in Portugal eis 16, kind (3) oorleef

Lees ook :

Ongeluk in Portugal eis 16, kind (3) oorleef fotokrediet: X

LISSABON, PORTUGAL. – Altesaam 16 mense is Woensdagmiddag in Lissabon, Portugal, dood toe een van die stad se bekende elektriese kabelkarre ontspoor het en in ’n gebou vasgery het. ’n Duitse seuntjie (3) is lewendig uit die voertuig gehaal, maar sy pa is oorlede en sy ma beseer.

Lees ook: Powerball uitslae vir 2 September 2025

21 mense is in die ongeluk beseer, die helfte van wie toeriste van Suid-Korea, Switserland, Kanada, Duitsland en Oekraïne. ‘n Kabelkar kan 40 mense op ‘n keer vervoer en is ‘n gewilde vervoermiddel vir inwoners en toeriste in die stad.

Dit is onduidelik wat die ongeluk veroorsaak het, maar die openbarevervoer-operateur Carris, wat die Elevador da Gloria bedryf, het gesê al die voertuie sal geïnspekteer word en ’n onafhanklike ondersoek is begin.

Bronne: CBS News, BBC, CNN

Lees ook: Powerball uitslae vir 2 September 2025

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief