Sowat 60 mense oorlede in bootongeluk in Nigerië, verskeie steeds vermis

Lees ook :

Sowat 60 mense oorlede in bootongeluk in Nigerië, verskeie steeds vermis fotokrediet: X

NIGERIË. – Sowat 60 mense is oorlede en verskeie steeds vermis, nadat ’n boot wat oorlaai was Dinsdag in Niger, Nigerië, ’n boomstomp getref en omgeslaan het.

Lees ook: Nog ’n naskok tref Afghanistan, dodetal styg

’n Houtboot met meer as 100 passasiers het Dinsdag ’n boomstomp wat onder die water was, getref en omgeslaan. Owerhede het bevestig die meeste van die slagoffers was vrouens en kinders. Die passasiers was op pad na ’n nabye dorpie om medelye uit te spreek teenoor iemand wie se familielid onlangs oorlede is.

Reddingswerk is steeds aan die gang, maar die voorsitter van die Borgu- plaaslike regering, Abdullahi Baba Ara, het gesê die “dodetal is besig om te styg”. Hy het gesê: “Ons doen alles wat ons kan, maar dis ‘n groot tragedie”.

Bronne: Africanews, BBC, The Indian Express

Lees ook: Nog ’n naskok tref Afghanistan, dodetal styg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief