Kankervegtertjie (10) se droom saam met Springbokspan bewaarheid

Lees ook :

Foto's: The Reach For A Dream Foundation

(Kyk beeldmateriaal deur op die blou gedeeltes te druk.)

OOS-KAAP. – Isabella Esterhuyze (10), wat onlangs met sarkoomkanker gediagnoseer is, het Saterdag met behulp van die The Reach For A Dream Foundation tyd saam met die Springbokke deurgebring.

Die jonge Isabella ontvang tans chemobehandeling en radiasieterapie. Sy was emosioneel toe sy die brief van die spesiale dag wat deur The Reach For A Dream Foundation aan haar gestuur is, ontvang het.

Sy het Saterdag as gelukbringer vir die Springbokke saam met die span uitgestap en die volkslied saamgesing. Kyk hier bo in die skakels na die spesiale boodskap van Siya Kolisi, die Springbokkaptein.

Isabella het ook die trofee van minister Gayton McKenzie aangevat, wat sy aan die Springbokkaptein oorhandig het na die Springbokke oor die Argentyne in die Castle Lager-rugbykampioenskap geseëvier het

#IsabellasDream#Springboks#SiyaKolisi#BraveHeart#Inspiration#childhoodcancerawareness

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief