Kenny Kunene tree tydelik uit politiek te midde van ondersoek

Lees ook :

Foto: Kenny Kunene

GAUTENG. – Die Patriotic Alliance (PA) het aangekondig dat Kenny Kunene, die party se adjunkpresident, geskors is hangende ’n ondersoek ná aantygings rakende sy teenwoordigheid by die huis van ’n beweerde lid van ’n moordsindikaat.

Volgens Gayton Mckenzie, PA-president, het Kunene ingestem om met die ondesoek saam te werk en om tydelik uit sy politieke rol te tree, totdat sy naam skoon is. Hy sal nie enige amptelike pligte namens die party verrig tydens sy skorsing nie.

Kunene het dieselfde dag ook sy onmiddellike bedanking as raadslid van die Johannesburgse metroraad ingedien. In sy brief aan die speaker sê hy hy tree tydelik uit die openbare lewe sodat die party die aantygings teen hom kan ondersoek. Hoewel hy die bewerings as ongegrond beskryf, meen hy dit is in die openbare belang dat hy uittree totdat die ondersoek afgehandel is.

Kunene bedank die uitvoerende burgemeester, die stadsraad en inwoners vir die geleentheid om te dien en beklemtoon dat hy ’n lojale patriot sal bly.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief