Kerrienoedelslaai – resep

Lees ook :

Hierdie is ’n heerlike getoetste en beproefde kerrienoedelslaai resep. Jy kan dit ook in grootmaat maak en dit in ’n lugdigte houer bêre.

Bestanddele:

  • 500 g noedels
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 1 groot groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 250 mℓ tamatiesous
  • 200 mℓ witsuiker
  • 125 mℓ olie
  • 125 mℓ witasyn
  • 25 mℓ kerriepoeier
  • 7 mℓ sout
  • 2 mℓ swartpeper

Metode:

  • Berei noedels voor soos aanwysings op die pak aandui.
  • Braai uie en soetrissie in ’n bietjie olie of botter op die stoof.
  • Meng die gebraaide uie en soetrissies by die gaar noedels.
  • Meng tamatiesous, asyn, suiker en olie saam.
  • Gooi dan die sousmengsel by die noedels en uie.
  • Meng goed.

Wenk: Gooi die sous by die noedels terwyl dit nog warm is. Moenie die noedels afspoel nadat dit gaargemaak is nie. Roer kort-kort. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder is dit.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief