Kietsie na 24 uur uit boom gered

Lees ook :

Foto's: CERT

GAUTENG. – ‘n Kat is Donderdagaand uit ‘n boom in Rooihuiskraal in Centurion gered waar dit vir 24 uur lank sonder kos of water gesit het.

Community Emergency Response Team (CERT) sê hulle span in die area is omstreeks 19:00 na die adres waar die kat was. Pogings deur die kat se eienaar om die dier uit die boom te kry, was onsuksesvol.

CERT het die spreekwoordelike kat uit die boom gekyk en gesien die troeteldier sit hoog in die boom en daar was slegs beperkte toegang. ‘n Jeuglid van Wierdabrug Sektor 2 GPF het dit gewaag en in die boom tot by die kat geklim. Kietsie is uit die boom verwyder en aan die verligte eienaar oorhandig.

CERT bedank Wierdabrug Sektor 2 GPF vir hulle hulp met die redding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief