Kimberley-polisie betrap ‘poskantoordiewe’ op heter daad

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Sewe verdagtes is Dinsdagoggend in Beaconsfield, Kimberley, tydens ‘n roetine stop-en-deursoeking deur die polisie in hegtenis geneem, toe hulle met items wat vermoedelik by die plaaslike poskantoor gesteel, betrap is.

Kol. Cherelle Ehlers, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die verdagtes, ses mans en een vrou, tussen 25 en 32 jaar oud, word van die besit van vermoedelik gesteelde goedere en sake-inbraak aangekla. ’n Voorlopige ondersoek dui aan ’n inbraak het by ‘n poskantoor in Kimberley plaasgevind.

Die polisie het op ’n verskeidenheid kantoorbenodigdhede met ’n geraamde waarde van R16 000 beslag gelê. Ondersoeke duur voort.

Ehlers sê die polisie sal met die naderende feesseisoen voortgaan om misdaad in hoërisikogebiede aan te spreek en misdaadvoorkomingspogings te versterk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief