Kimberley-vrou glo deur gewese man doodgeskiet, verhoor begin Maart 2025

Lees ook :

Foto: Ingrid Barends, Herbert Miller, #Justice4ALL GBVF Northern Cape Movement - Facebook-blad

NOORD-KAAP. – Alberto Matthews wat glo op 27 Desember vir Mandy Bailey (43), sy gewese vrou, in die teenwoordigheid van haar familie in Beaconsfield doodgeskiet het, se verhoor sal in Maart 2025 begin.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder vir die NVG, sê Matthews het in die Kimberley-hooggeregshof verskyn waar ‘n nuwe regsverteenwoordiger van regshulp aangestel is om hom te verteenwoordig.

“Die saak sou na verwagting op 7 tot 11 Oktober in die Kimberley-hooggeregshof begin. Die staat was gereed om met verhoor voort te gaan, maar die beskuldigde het by monde van sy regsverteenwoordiger ‘n uitstel tot 7 Oktober versoek, aangesien die beskuldigde siek was. Op 8 Oktober 2024, toe die Kimberley-hooggeregshof na verwagting vir verhoor sou sit, het die beskuldigde se verdediging hom op daardie dag as rekordprokureur in die hof onttrek. Die rede aangevoer was dat sy nie in staat was om behoorlike instruksies van die beskuldigde te neem nie.”

Adv. Leshnee Pillay vir die staat het aangevoer, alhoewel die beskuldigde die reg tot regsverteenwoordiging het, die slagoffer se familie ook weens trauma en emosies die reg op ‘n vinnige verhoor het. Die saak is tot 5 November uitgestel om die beskuldigde se nuwe regsverteenwoordiging in die hof teenwoordig te kan hê.

Op 5 November is ‘n regsverteenwoordiger van Legal Aid formeel vir die beskuldigde aangestel. ‘n Nuwe verhoordatum is op 24 Maart 2025 vasgestel.

“Die beskuldigde sal in aanhouding bly tot die afhandeling van hierdie saak. Die staat is gereed om met die verhoor voort te gaan.”

Op die #Justice4ALL GBVF Northern Cape Movement Facebook-blad is die beweerde gebeure van die betrokke dag soos volg beskryf:

Alberto Lydon Matthews is 45 year old man who is accused of shooting his ex wife Mandy Baily on the 27 of December 2023 the accused Mr Matthews have gained entry to the yard by jumping over the back yard fence and come into through the backdoor the victim Mandy was with her daughter in her bedroom there is where the accused shot her twice the victim passed away in the ambulance on the way to hospital the accused have also fired a shot to the brother of the victim and fled the scene the police was searching for him the accused also made threat to the victim children’s and families the victim children and family was put in police protection until they caught him the following day

The accused appeared in court in January 2024 and abandoned his bail application and remanded in custody

On Tuesday 07 May 2024 the accused put in his application for bail the Magistrate have accepted his application and postponed it until 13 May 2024 on Monday the victim family and children are fearing if accused will be granted bail he will come for them and the victim 9 year old daughter is the main witness in this case

The family and children with #JUSTICE4ALL are calling on the community and others civic organization in Kimberley to come and support the pickering and petitions of the family and children of the victim for #NO BAIL for Mr Matthews the accused

#JUSTICE4MANDY

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief