KWAZULU-NATAL. – ‘n Kritiek beseerde kind is Sondag uit ‘n motorwrak bevry, gestabiliseer en na ‘n hospitaal vervoer. Nog vier persone het in die trompop-botsing op die R33-Kambulapad, naby Vryheid, gesterf.
Craig Botha, van KwaZulu Private Ambulance Service, sê dié diens is na die toneel, wat hy as chaoties en emosioneel beskryf. Vier persone is op die toneel dood verklaar. Die kind wat in die wrak aangetref is, is in samewerking met brand-en-reddingsdienste uit die voertuigwrak gehaal en vir verdere behandeling na ‘n hospitaal geneem.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





