Kinders sien ma se liggaam deur venster

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – Die kinders van ‘n vrou (39) het Sondag op Wakkerstroom hulle ma se liggaam op ‘n bed gesien lê toe hulle deur die venster geloer het nadat hulle nie die kamerdeur kon oopkry nie. Daar was ‘n man (32) by haar.

Lt.kol. Jabu Ndubane sê Wakkerstroom-polisie het ‘n dubbelmoordsaak geopen, waarna ‘n verdagte (38) kort na die insident gearresteer is. Die verdagte sal na verwagting Dinsdag op twee moordaanklagte in die Volksrust-landdroshof verskyn.

Ndubane sê die kinders het omstreeks 07:00 wakker geword en wou in hulle ma se kamer ingaan. Toe hulle besef die kamer is gesluit en hulle kry geen reaksie van haar nie, het hulle van buite af deur die venster geloer en haar liggaam gesien. Bure is ontbied en beide die vrou en die manspersoon is dood aangetref. Die polisie en nooddienste is ontbied.

Die vrou, wat halfnakend was, het geen sigbare beserings gehad nie, maar die man het sigbare wonde gehad. Beide is dood verklaar. Die voorlopige ondersoek dui aan die vrou kon moontlik verwurg gewees het en die man is met ‘n skerp voorwerp gesteek. ‘n Saak met twee aanklagte van moord is geopen en die oorledenes se families is van hulle afsterwe in kennis gestel.

Maj.genl. Zeph Mkhwanazi, die waarnemende provinsiale kommissaris van Mpumalanga, het die polisielede wat die verdagte vinnig in hegtenis geneem het, geprys. Hy herinner die publiek daaraan om professionele hulp vir huishoudelike probleme te kry.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief