OOS-KAAP, SUID-AFRIKA. – Die Oos-Kaapse dorp, Krikwood, sal voortaan as Nqweba bekendstaan.
Minister Zizi Kodwa, minister van sport, kuns en kultuur, het die naam goedgekeur. Dit is amptelik verlede Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer.
Nqweba is ’n IsiXhosa-woord wat “bymekaarkomplek” beteken. Volgens Solethu Lucas, die dorp se burgemeester is dit ’n oorwinning vir die inheemse inwoners omdat dit volgens hom vir hulle van hulle waardigheid teruggee.
Die Demokratiese Alliansie het in Oktober 2023 ’n petisie teen die naamsverandering aangeteken. Volgens hulle is dit geldmors “terwyl baie Suid-Afrikaners in armoede leef.”
Bronne: Algoa FM, Business Tech





