Kleinseun as verdagte in hegtenis op klag van moord op ouma en poging tot moord op ma

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ’n Man is in hegtenis geneem op aanklagte van moord op sy ouma (83) Maandagaand by ‘n huis in Hexham, Phoenix, en poging tot moord op sy ma (60), wie se keel gesny is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die ouma is met veelvuldige steekwonde aan haar kop, gesig en liggaam op die toneel dood verklaar. Die beskuldigde het na bewering ook sy moeder aangeval en haar keel met ’n groot slagtersmes gesny. Sy is op die toneel gestabiliseer en is steeds in ’n kritieke toestand in ‘n hospitaal. Die ligging van die hospitaal word nie bekend gemaak nie.

Phoenix-polisiespeurders het volgens Rusa Woensdagoggend verklarings van Rusa-lede aangevra. Dit volg ná die ernstig beseerde vrou haar seun as die aanvaller geïdentifiseer het, terwyl paramedici haar probeer stabiliseer het. Terwyl die ondersoek voortduur word kritieke inligting en foto’s van die publiek weerhou.

Rusa sê die verdagte is deur die polisie in hegtenis geneem. Rusa-pesoneel was egter nie by die inhegtenisneming betrokke nie.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief