Klerksdorp-slagoffer veg vir sy lewe

Lees ook :

Foto's: Hilton Pretorius BackaBuddy en skermgreep video anoniem

KLERKSDORP, NOORDWES. – Hilton Pretorius (32) wat verlede naweek in Doornkruin in ‘n parkeerarea aangerand is, veg tans in die Tshepong-hospitaal vir sy lewe. ‘n BackaBuddy-profiel vir hulp is geskep.

In die profiel word daar gesê die geliefde pa, seun en broer is onder sedasie in die intensiewesorgeenheid van ‘n hospitaal. Hy het ‘n gekraakte skedel en breinbloeding in die aanval opgedoen.

‘n Skakel vir sy BackaBuddy-profiel is aan die onderkant van die berig.

Wernich Botha (33) het op klagtes van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Klerksdorp-landdroshof verskyn. Hy is op borg van R2 000 vrygelaat en gewaarsku om weer op 19 Oktober op die aanklagte in die hof te verskyn.

Pretorius is die slagoffer wat eerste in die grafiese video geslaan is.

‘n Tweede slagoffer (44) wat steke in sy agterkop, ‘n skouerbesering en harsingskudding opgedoen het, het ook ‘n kriminele klag gelê.

Kol. Adéle Myburgh sê die polisie is eers Sondagmiddag van die voorval in kennis gestel. Die beskuldigde is dieselfde dag wat hy in die hof verskyn het in hegtenis geneem.

In beide die video’s wat deur FiND iT gedeel was, kan gesien word hoe Botha na die “aanrandings” by beide slagoffers hurk en hulle op hulle sye draai terwyl omstanders hom beveel om pad te gee.

https://www.backabuddy.co.za/hilton-pretorius-5698964012273104031

Bron: BackaBuddy, Anoniem en SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App