Kleuter doodgesteek, verdagte vandag in hof

Lees ook :

Foto: Google Maps

WES-KAAP. – ‘n Kleutermeisie (2) is Dinsdag in Luthangostraat, Sedgefield, met verskeie steekwonde dood aangetref. ‘n Verdagte (21) verskyn vandag in die hof.

Sers. Chistopher Spies sê aan Nuusflits die omstandighede van die kleuter se dood is deel van die polisie se ondersoek.

Spies sê die polisie is omstreeks 12:00 na die huis ontbied waar die kleuter se liggaam met veelvuldige steekwonde aangetref is. Sy is op die toneel dood verklaar.

“‘n Soektog na ‘n man wat vermoedelik by die moord betrokke was, het met die hulp van die gemeenskap gevolg. Die man is later deur ‘n lid van die publiek na die satellietpolisiestasie vergesel, waar hy in hegtenis geneem is.”

Hy is sedertdien in aanhouding tot hy vandag in die Knysna-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief