WES-KAAP. – Khy’ree Jordan (3) het gesterf toe ’n voertuig hom op 9 November kort voor 19:00 in Alardweg in Clarkes Estate, Elsiesrivier, getref het. Die kleuter is later in die hospitaal aan sy beserings dood.
Volgens polisiewoordvoerder kapt. Frederick van Wyk is ’n klag van strafbare manslag geopen. Hy het bevestig dat die voorval ondersoek word en gesê dat die omstandighede van die insident nog vasgestel moet word.
‘n Plasing op die WAAR Brandit INNI KAAP Facebook-blad beweer die voertuig is glo deur ‘n LEAP-beampte bestuur, wat by die sypaadjie opgery het, voordat Khy’ree getref is.
‘n Begrafnisdiens word op 22 November vir Khy’ree gehou.





