Kleuter uit 8 m boorgat gered

Lees ook :

Foto's: SARZA

VRYSTAAT. – ‘n Kleuterseun (3) is Saterdagoggend omstreeks 05:40 in Bainsvlei, ongeveer 30 km van Bloemfontein, uit ‘n onbedekte boorgat, 8 m diep en ongeveer 200 mm wyd, gered.

SARZA Search and Rescue in die provinsie is Vrydag deur die Bainsvlei-inwonersforum ingelig oor die kleuter wat per ongeluk in die boorgat geval het. Verskeie rolspelers, brandbestryders, paramedici en gespesialiseerde reddingspersoneel is na die toneel ontplooi. Die seun het reageer en kon gehoor word.

Weens die beperkte spasie en onsekere strukturele konstruksie het die reddingsoperasie uitdagings ingehou. Die kleuter se posisie en die boorgat se struktuur is uit ‘n mobiele bevelsentrum geassesseer, waarna die grond rondom beveilig is om ineenstorting en verdere ongelukke ter voorkom.

Boere, gemeenskapslede en die plaaslike sakegemeenskap in die omgewing het toerusting soos tou, uitgrawingstoerusting en masjinerie voorsien. Plaaslike mediese deskudiges het tydens die reddingsoperasie suurstof verskaf om die seun se veiligheid te verseker. ‘n Touharnas is gebruik om die kind te beveilig, terwyl ‘n gat parallel gegrawe is en ‘n opgeleide redder in die gat afgesak is om die redding uit te voer.

Nadat deur die nag gewerk is, is die seun suksesvol gered, medies geëvalueer en daarna vir verdere mediese sorg en waarneming na ‘n hospitaal vervoer.

Die boorgat is dadelik na die reddingsoperasie geseël.

SARZA

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief