Kleutermeisie (3) ‘verkrag’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Kleutermeisie (3) is na bewering Vrydagaand deur ‘n onbekende verdagte in die Gabaza-woonbuurt buite Tzaneen in die Mopani-distrik verkrag.

Volgens kol. Malesela Ledwaba het die kleuter se ma haar tussen 18:00 en 19:00 alleen by die huis gelos. Die ma het teruggekeer en wou die kleuter bad toe haar jong dogter oor pyn by haar geslagsdele kla. Die ma het gekyk en na bewering bloedvlekke gesien. Die kleuter is vir ‘n mediese ondersoek na ‘n nabygeleë hospitaal geneem waar penetrasie bevesig is.

Ledwaba sê ‘n verkragtingsaak is by Maake-polisiestasie geregistreer en vir ondersoek na Tzaneen-GKS oorgeplaas.

Terwyl die ondersoek voortduur, is ‘n soektog na die onbekende verdagte geloods. Die polisie vra enigiemand met inligting om die ondersoekbeampte lt.kol. Isaac Mahlane by 082 469 2625 te bel.

“Parents and guardians are continuously urged to take extra care for their children to curb the scourge of sexual related offences especially against the children,” sê maj.genl. Jan Scheepers, die waarnemende provinsiale kommissaris.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief