KAAPSTAD. – Kloofstraat in Kaapstad is deur Time Out as die coolste straat in Kaapstad aangewys. Dié straat, bekend as die hartklop van die Moederstad, lê in die skadu van Tafelberg en strek van die boonste deel van Kaapstad tot in Tamboerskloof.
Time Out plaas Kloofstraat 22ste op die wêreldranglys van coolste strate, omrede sy mengsel van historiese bekoorlike Viktoriaanse geboue met hulle broekie lace, lewendige energie en innoverende restaurante, kroeë, boetieks en nuwerwetse woonbuurte.
Bron: Time Out





