Knysna-polisie soek hulp in soektog na 81-jarige man

Lees ook :

Foto's: SAPD

WES-KAAP. – Gert Hills (81) van Kamdebolaan, Old Place, Knysna, het Vrydag vermis geraak. Sy vrou het hom by die Krysna-polisiekantoor as vermis aangemeld, wat ‘n beroep op die publiek doen om met die soektog te help.

Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits volgens voorlopige inligting het Hills Vrydag omstreeks 12:00 sy woning verlaat om inkopies in die dorp te doen. Hy het egter nie teruggekeer huis toe nie. Ten tyde van sy verdwyning het hy ’n swart hemp en ‘n broek aangehad. Hy het met ‘n silwerkleurige Nissan Juke met registrasienommer CX14 107 gery. Die voertuig is Vrydagaand by Klein-Brakrivier tussen George en Mosselbaai opgemerk.

’n Soektog is in die omgewing van Klein-Brakrivier en die Robinsonpas aan die gang.

Die polisie versoek enigiemand met inligting wat tot die veilige terugkeer van Hills kan lei, om die ondersoekbeampte, AO James Visagie, by 073 244 6154 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief