KWAZULU-NATAL. – Sers. Mandla Khuzwayo, wat saam met wyle kapt. Louis Nel in ‘n ongemerkte staatsvoertuig was toe hulle in ‘n hinderlaag gelei en daar op hulle geskiet is, het Sondagaand in die hospitaal gesterf.
Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die oorledenes was albei lede van misdaadintelligensie. Kapt. Louis Nel het op die toneel gesterf, terwyl sers. Khuzwayo tot sy dood in die hospitaal vir sy lewe geveg het.
Lt.genl. Puleng Dimpane, die waarnemende nasionale kommissaris, het die voortdurende aanvalle op polisiebeamptes in die sterkste moontlike terme veroordeel en dit beskryf as ‘n regstreekse aanslag op die gesag van die staat.
Kapt. Nel is op 8 Mei in Durban ter ruste gelê tydens ‘n begrafnisdiens wat deur die KwaZulu-Natalse premier, mnr. Thami Ntuli, en die provinsiale kommissaris, lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, bygewoon is.
Ondersoeke duur voort.





