Konstabel se beweerde moordenaars vasgetrek

Lees ook :

Foto: Brett Andrews Facebook-blad

OOS-KAAP. – Konst. Callan Andrews (29), wat in die kop geskiet is toe hy Oujaarsaand ‘n onklaar polisievoertuig aan die gang probeer stoot het, se beweerde moordenaars, 17 en 18 jaar oud, is Saterdag gearresteer.

Adj.off. Ndiphiwe Mhlakuvana van die Valke sê ‘n staatsvuurwapen is ook teruggevind. Andrews was by Gelvandale-polisie gestasioneer.

Volgens Mhlakuvana het Andrews op ‘n klagte gereageer, waar verdagtes sy dienspistool gegryp en hom noodlottig gewond het. Andrews is na die hospitaal gehaas, maar is dood verklaar.

Die verdagtes is tydens ‘n intelligensiegedrewe ondersoek deur die Valke in Gqeberha in hegtenis geneem. Hulle sal vandag (Maandag) op aanklag van moord in die Gelvandale-landdroshof voorkom.

Meer arrestasies word verwag, maar omdat die saak nog ondersoek word, sal nie meer inligting bekendgemaak word nie.

Lees meer oor die insident hier onder:

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief