Konstabel wat staatsvoertuig stoot in kop geskiet

Lees ook :

Foto: Brett Andrews Facebook-blad

OOS-KAAP. – Konst. Callan John Andrews (29), gestasioneer by die Gelvandale-polisiestasie, het op Oujaar in dié polisiëringsgebied in Gqberha aan ‘n skietwond gesterf. Hy het glo ‘n staatsvoertuig wat uitgesny het aan die gang probeer stoot.

Kapt. Brett Andrews het op 21 Oktober 2024 trots sy seun se eerste dag as ‘n polisiebeampte aangekondig: “1ste dag as Polisiebeampte…2 generasies van beskerm en dien. Mag God sy beskermende hand oor jou hou. Dien met trots. Trots op jou my seun.”

Lt.kol. Siphokazi Mawisa sê volgens inligting het twee polisiebeamptes omstreeks 17:20 roetinepatrollies gedoen. In Kobusstraat, in Helenvale, het die staatsvoertuig uitgesny. In ‘n poging om die voertuig weer aan die gang te kry, is dit met die hulp van die konstabel en drie gemeenskapslede gestoot. Die bestuurder het ‘n skoot gehoor en met ondersoek gesien die konstabel is in die kop geskiet. Hy is na ‘n hospitaal gehaas waar hy later gesterf het. Sy staatsvuurwapen is ook vermis.

Mawisa sê die polisiebestuur betreur die konstabel se afsterwe en vra inligting van die publiek om die skuldiges aan die pen te laat ry.

Die saak word deur die Valke ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief