Korrektiewe Dienste: ‘Uitspattige’ voedsel-items ‘bloot ‘n misverstand’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Departement van Korrektiewe Dienste het Sondag die herrie oor uitspattige kookolie-pryse aan ‘n misverstand toegeskryf. Kookolie met pryse van R726.57 en R697.51 per liter het die wenkbroue laat lig. Dit het egter geblyk dat die bedrae nie vir een liter was nie, maar vir 25-liter houers.

Die verwarring het ontstaan weens ‘n tikfout in die dokumentasie. Die departement het in Mei 2025 deur interne monitering self die prysverskille raakgesien en dadelik opgetree deur transaksies op die duurder items te bevries, hangende ‘n volledige hersiening daarvan. Verskaffers is daarna direk teen markpryse gemeet en daar is onderhandel om die pryse aansienlik minder te maak.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, sê van die 66 voedsel-items in die kontrak het slegs sewe hoër pryse getoon en geld is slegs op kerriepoeier, meelblom, sous en speserye bestee. Die grootste misverstand het oor kookolie ontstaan.Die departement beklemtoon dat geen inflasie-aanpassings gebruik is nie, slegs markpryse is as maatstaf gebruik om te bepaal of pryse redelik en regverdigbaar was.

Lees meer hier onder:

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief