Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku teen ’n kouefront wat tussen vandag en môre in die sentrale en oostelike dele van die land sal begin.
Lees ook: Amptelike brandstofprys vir Augustus bekend
Reën en donderstorms word vir Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Noord-Wes en KwaZulu-Natal voorspel.
Sneeu word in die Oos-Kaap en Lesotho verwag.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD