GAUTENG. – Die Rebeccastraat-krematorium in Pretoria-Wes, wat vir 18 maande toe was, is weer in werking gestel.
Zintle Mahlati, woordvoerder vir Nasiphi Moya, die burgemeester van Tshwane, sê die krematorium het ‘n vyf jaar lisensie verkry. As gevolg van die krematorium wat toe was, moes na alternatiewe fasiliteite buite Tshwane gegaan word. Die Rebeccastraat-krematorium is intussen opgeknap en opgegradeer om operasionele doeltreffendheid te verbeter en om aan omgewingsregulasies te voldoen.
Altesaam 15 organisasies het saamgewerk aan die projek om dit weer in staat te stel om ‘n diens te kan lewer.





