KYK: Bestuurder van ligte afleweringsvoertuig sterf in ongeluk

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

Videokrediet: Onbekend

KWAZULU-NATAL. – Die bestuurder van ‘n ligte afleweringsvoertuig, vermoedelik in sy 50’s, is vanmiddag omstreeks 13:00 in ‘n ongeluk dood. Sy voertuig was met twee vragmotors op die N3 rigting Pietermaritzsburg op die Ashburton-afrit in ‘n ongeluk betrokke.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle het oproepe van die ongeluk ontvang en moes teen die verkeer tot by die ongelukstoneel beweeg, aangesien die pad in ‘n noordelike rigting in sy geheel gesluit was.

Paramedici het gevind die bakkie en twee vragmotors was in ‘n botsing van agter betrokke. Triage is gedoen. Daar is gevind die bestuurder van die bakkie, wat erg vasgekeer was, is noodlottig beseer en hy is dood verklaar.

Jamieson sê die hele N3 in die rigting van Pietermaritzburg is vir verkeer gesluit.

Die oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie, wat op die toneel teenwoordig is, ondersoek word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief