KYK: Cele tevrede om nie meer ‘generaal’ te wees nie

Lees ook :

Foto: Op lêer

Bheki Cele het in ‘n onderhoud met SABC News gesê hy is tevrede om uit sy posisie as minister van polisie te stap en tyd saam met sy familie deur te bring.

Action Society, wat Cele se uittrede gevra het, vra ‘n minister wat gekwalifiseerd en bevoeg is moet in die pos aangestel word. Hulle brei uit deur te sê sedert Cele se aanstelling in 2018 is 135 243 mense vermoor.
Ian Cameron, wat met Cele swaarde gekruis het in die “Sjarrap-debakel,” eens van Action Society en nou van die DA en wat op sy pos in die parlement gaan wees, het die volgende gesê: “Finally minister of police, Bheki Cele, is stepping out. Close to 140 000 people were murdered on his watch as police minister in South Africa.”

Na die onlangse verkiesing lyk dit nie asof Cele uitgenooi is om na sy pos terug te keer nie. Hy sê hy sal terugkeer na sy huis in KwaZulu-Natal en nadink oor die pad vorentoe.

Cele sê hy het nooit tydens sy tronkaanhouding gedroom hy sal ‘n minister wees nie en bedank sy organisasie, die ANC, vir die geleentheid wat hom gegun is.

“As I have said, what has begun will come to an end.”

Terwyl Cele uitstap, stap Cameron in. Hy het die volgende oor sy verkiesing tot die parlement gesê: “Parliament it is! I feel so honoured to have this opportunity! 🙌🏼 It is a pleasure to work with the Democratic Alliance to #RescueSA

Bronne: SABC News, Action Society en Ian Cameron

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief