Geloftedag, wat jaarliks op 16 Desember by die Voortrekkermonument in Pretoria herdenk word, is vanjaar deur duisende mense herdenk. Mense wat die diens by die monument bygewoon het, het die versengende hitte trotseer, maar dit is ook by Bloedrivier en wêreldwyd herdenk.
Volgens die Voortrekkermonument is die gelofte in 24 lande – Suid-Afrika, Australië, Botswana, China, Duitsland, Engeland, Japan, Kanada, Luxembourg, Mosambiek, Namibië, Nederland, Nieu- Seeland, Nigerië, Paraguay, Mexiko, Pole, Portugal, Rusland, Skotland, Swede, die Verenigde Arabiese Emirate en die Verenigde State van Amerika – herdenk.
Nadat ds. Stephan Botha, die diens by die Voortrekkermonument gelei het, is die gelofte in die amfiteater afgelê.





