WES-KAAP. – Coenie Venter, die hoof van Hoërskool Durbanville, het Maandagoggend gewys daar is nie ‘n bang haar op sy kop nie.
Mnr. Venter het sonder huiwering, geblinddoek, ‘n likkewaan tydens ‘n Vreesloos 2025-besoek van Radio Tygerberg 104FM vasgehou.
Die radiostasie roem daarop om die grootste Christen-gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika te wees. Vreesloos 2025 behels besoeke aan 10 skole, met vier finaliste en een wenner. Die radiostasie het reeds Hoërskool Tygerberg en Hoërskool Strand besoek.
Yolandi Calitz het onomwonde laat hoor: “Nee wat, as jy vandag kan skoolhou, kan jy ENIGE iets VREESLOOS vashou!!”
Terwyl Mariana Cassie Carosini erken: “Stel so, my taalgebruik sou dit nie toelaat.”
“Die doel van VREESLOOS is om jouself te toets, jou vrese te oorkom en ook te sien hoe jy VREESLOOS met die Here kan leef.”