KYK: Hierdie skoolhoof is beslis sonder vrees

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video Radio Tygerberg 104FM

WES-KAAP. – Coenie Venter, die hoof van Hoërskool Durbanville, het Maandagoggend gewys daar is nie ‘n bang haar op sy kop nie.

Mnr. Venter het sonder huiwering, geblinddoek, ‘n likkewaan tydens ‘n Vreesloos 2025-besoek van Radio Tygerberg 104FM vasgehou.

Die radiostasie roem daarop om die grootste Christen-gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika te wees. Vreesloos 2025 behels besoeke aan 10 skole, met vier finaliste en een wenner. Die radiostasie het reeds Hoërskool Tygerberg en Hoërskool Strand besoek.

Yolandi Calitz het onomwonde laat hoor: “Nee wat, as jy vandag kan skoolhou, kan jy ENIGE iets VREESLOOS vashou!!”

Terwyl Mariana Cassie Carosini erken: “Stel so, my taalgebruik sou dit nie toelaat.”

“Die doel van VREESLOOS is om jouself te toets, jou vrese te oorkom en ook te sien hoe jy VREESLOOS met die Here kan leef.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief