WES-KAAP. – ‘n Jong boggelrugwalvis (humpback whale) is Woensdag gered na dit vasgehaak het in vislyn wat dit verhinder het om te swem.
Darren Zimmerman, van die NSRI in Simonstad en SA Whale Disentanglement Network (SAWDN), sê ‘n walviskyker by Millers Point het die walvis, verstrengel in vislyn, opgemerk en hulp ontbied. Rolspelers en en reddingstuie met opgeleide SAWDN-bemanning met gespesialiseerde snytoerusting. is ongeveer 08:15 geaktiveer.
Vislyn was vier keer om die dier se lyf en stert gedraai. Dit het voorgekom asof die walvis onder die see geanker is. Die rowwe see en tekens van stres by die dier het die lossny bemoeilik. Die walvis is uiteindelik met die hulp van ‘n plaaslike vissersboot, Iingwane van Kalkbaai, losgesny. Die Iinwane is as platform gebruik, waarvan die lyn gelig en gesny is.
Zimmerman sê nadat die walvis losgesny is, het dit rondgeswem en in die omgewing gebly en gelyk of dit dankbaarheid toon. Daarna het die jong walvis tot by die groter walvis geswem en is hulle saam die see in.
Al die rolspelers is bedank.