KYK: Joshlin-oortreders sal lewenslank ‘n adres in die tronk hê

Lees ook :

Foto's: Primêre Skool Diazville en Lesweene Weene Alexander Facebook-blad

WES-KAAP. – Die drie beskuldigdes in die Joshlin Smith-saak, wat sedert Februarie verlede jaar vermis is, is pas vanoggend tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Regter Erasmus het in die Wes-Kaap-hooggeregshof, sittend op Saldanhabaai, het vir Racquel Chantel (Kelly) Smith, Jacquen Rowhan Appollis en Steveno Dumazio Duwayne van Rhyn op aanklagte van mensehandel en ontvoering gevonnis. Die kind is glo vir R20 000 verkoop en dit is steeds onbekend wat van haar geword het.

Die drie is op aanklag van mensehandel tot lewenslank gevonnis en op die aanklag van ontvoering is hulle ‘n verdere 10 jaar tronkstraf opgelê. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Joshlin Smith se verdwyning het die harte van die land aangegryp, nie net omdat sy vermis is nie, maar omdat die persoon wat aan haar lewe gegee het een van die besku in die saak van haar verdwyning was. Die 6-jarige gr. 1 van die Laerskool Diazville, Middelpos, het op 19 Februarie 2024 vermis geraak. Kelly het na bewering in Augustus 2023 ‘n plan bekendgemaak om haar kinders in Januarie of Februarie 2024 te verkoop of te laat wegneem. Op Sondag, 18 Februarie, stap Kelly met Joshlin na ‘n wit geparkeerde motor en praat met ‘n vrou wat “iets” aan Kelly oorhandig. Daarna is sy en Joshlin terug huis toe. Dieselfde dag nog het al drie beskuldigdes en Rens Lombaard besluit hoe geld vir die beweerde verkoop tussen hulle verdeel sou word. Kelly het Maandag vir Joshlin en haar boetie gesê hulle gaan nie skool toe nie en Joshlin se klere is in ‘n sak gepak. Kelly is daarna werk toe en het die kinders en die sak klere in Jacquen Appollis, met wie sy in ‘n verhouding was, se sorg gelaat. Dieselfde dag het Rens Lombaard, wat later staatsgetuie geword het, saam met die ander beskuldigdes by die kinders in die huis gerook. Kelly het later teruggekeer huis toe, die sak klere en vir Joshlin gevat en die huis te voet verlaat. Joshlin en Kelly het in die wit voertuig geklim en het weggery. Later die aand het Kelly na Joshlin begin soek en haar as vermis aangegee. Die beskuldigdes is later in hegtenis geneem en is uiteindelik skuldig bevind.

Die ondersoek en soektog na Joshlin duur in samewerking met die plaaslike gemeenskap voort. Alle nuwe inligting wat tydens die ondersoek ontbloot word, word nagegaan om tot die oorsprong van haar verdwyning te kom.

Lees meer hier onder:

Bronne: eNCA, News Live SA en Daily Updates ZA

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief