LICHTENBRUG, NOORDWES. – Die stadsaal op Lichtenburg is Vrydagaand in vlamme gehul. Vanoggend is foto’s op sosiale media te sien van die puin wat agtergelaat is.
Pretoria FM berig die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die stadsaal het in Oktober 2023 ook vlamgevat en die museum is gevolglik verwoes. Die stadsaal het destyds net geringe skade opgedoen, maar geen artefakte in die museum kon gered word nie.
Jackie Cordier het ’n video van gisteraand se brand op Facebook gedeel. Kyk die video hier.
Pretoria FM het die volgende foto’s gedeel.


Bronne: Pretoria FM, SABC, Jackie Cordier Facebook





